Die uitleef daarvan
By ons skool word daar elke vroegoggend gebid en Bybelstudie gedoen deur ‘n honderd plus leerders. Elke Vrydag vergader ‘n verdere drie honderd leerders om vir ‘n minuut lank te bid vir die skool, vir mekaar en vir die samelewing as geheel. Ons beskou hierdie leerders en hulle geloof as die fondamente waarop die skool rus! Addisioneel word daar elke oggend aangrypend in die personeelkamer en aantreeblad geopen met skriflesing en gebed.
Veelkultureel
Die skool is met reg trots op sy multikulturele aard. Daardeur word elke leerder waarlik voorberei op ‘n toekoms in ons geliefde land, Suid-Afrika - nie deur eng laer te trek nie, maar deur die eie met trots en respek vir ander te handhaaf.