Krieket
Hoërskool Akasia pluk die vrugte van ‘n baie suksesvolle krieketakademie. Ons juniorspanne speel teen skole soos Menlopark, Afrikaans Hoër Seunsskool, Boys’ High, se A-spanne en ons eerstespan speel in die A2-bond, die enigste skool noord van die Magalies. Huidiglik het ons drie spanne wat op Saterdae speel. Itumeleng Moseki is verlede jaar gekies vir die SA Skolespan. Ons is trots op hierdie produk van ons krieketakademie. Die o/15A-span was onoorwonne in die eerste kwartaalliga en die eerstespan het al hul wedstryde gewen. Ons het a.g.v. die reën die geleentheid verbeur om in die halffinaal van Pretoria te speel.