Geagte Gr.10-, 11- en 12-ouers/voogde. Dear Gr 10, 11 and 12 parents/guardians. Neem asseblief kennis van die volgende belangrike reëlings in verband met die toetse van die derde kwartaal. Volgens departementele assesseringsvoorskrifte moet daar gedurende die derde kwartaal in verskeie vakke eenuurtoetse geskryf word. As gevolg van versoeke deur leerders sal toetse wel in die oggende geskryf word. Leerders war eenuur-vraestelle skryf, moet reeds om 07:05 in hul lokale wees. Die toetse duur van 07:15 tot 08:15. Neem kennis dat ander leerders (gr 8 - 12) steeds die normale toetsrooster volg. Die uwe KLIK HIER OM TOETS ROOSTER TE SIEN/CLICK HER TO VIEW TEST TIMETABLE. |