Atletiek Hoërskool Akasia se atlete het algeheel derde uit agt skole geëindig tydens die B-bond se interhoëratletiekbyeenkoms op 22 Februarie by die LC de Villiers-stadion. Die dogters het ‘n tweede plek behaal. Negentien eerste plekke is behaal. Die skool se “geesgroep” het die trofee vir die beste gees verower. Die byeenkoms is die vorige vier jaar deur Akasia gewen. Mark Fensham, Jacques Harris, Shadine van der Merwe en Bianca Jacobsz verwerf Gautengkleure. Shadine van der Merwe, Ailene Bezuidenhout, Paseka Chisale, Zaan Erwee, Anna Lekalakala, Bianca Jacobsz en Jacques Harris verwerf Gauteng-Noordkleure. Bianca Jacobs is die nuwe S.A. o/19 kampioen met 'n afstand van 5,75m. Voorwaar 'n puik prestasie! Baie geluk Bianca. |
![]() |