Outomatiese differensiasie
Verskillende aktiwiteite wat deur die skool aangebied word, betrek dikwels verskillende kultuurgroepe. So trek die “geesgroep” - die entoesiastiese en gedissiplineerde swart leerders op die paviljoene by atletiekbyeenkomste - diegene wat van nature ritmies geseënd is. Die jukskeiklub wat by die skool geaffilieer is, trek ‘n ander groep. Die entoesiastiese en uiters atletiese sokkerspanne, weer ‘n ander. Dan is daar krieket, rugby, hokkie, netbal, atletiek, tennis, sagtebal, skaak, redenaars, landloop, “Robotics” en natuurlik ook akademie. Almal word betrek en word ontwikkel tot die beste van hul vermoëns!

Ondersteuning
Die skool se akademiese, dissiplinêre en emosionele hulpsentrum steun op die dienste van die skool se ervare hoof, adjunkhoofde, die departementshoof Opvoedkundige Leiding, die sent rumhoof , twee ingekont rak teerde opvoedkundige sielkundiges en twee begeesterde jeugwerkers. Hierdie vangnet word effektief ingespan om u kind te beskerm teen die ongevraagde slae van die lewe misdaad, teleurstelling, groepsdruk, ensomeer.

  • Ons is 60% Afrikaans.
  • Ons neem deel aan die WIP wintersportreeks en is die wenners.
  • Ons het 'n ten volle toegeruste opvoedkundige helpsentrum.
  • Ons toneel is tops - derde in die noordelike provinsies.
  • Ons het elke jaar 'n leier by Beeld Beraad. Net 30 leerders in Gauteng word gekeur.
  • Ons stuur elke jaar leiers na die ATKV-kongres.
  • Ons skoolkoerant was onder die Top 10 nasionaal.
  • Ons revue het goud verower by die Noordelike Kunstefees.
  • Ons hokkie was naaswenner in die Pretoria Medium Skole-afdeling.
  • Ons netbal is die beste in die distrik.
  • Ons landloop is elke jaar on die top 3 in Pretoria.
  • Ons Roboticspan was derde in Suid-Afrika.
  • Ons het vir die derde jaar die beste matriekuitlslae in Tshwane-Wes.
  • Ons sagtebal het twee spanne in die Noord-Gauteng finaal.
  • Itumeleng Moseki - verwerf SA skolekrieketkleure.
  • Shadine van der Merwe - opgeneem in Titan krieketspan.
  • Ons het Jannie Claassen - gekontrakteur vir rugby.
  • 219 leerders (gr 8 - 11) behaal meer as 70% gemiddeld aan die einde van 2009.
  • Sewe leerders verwerf nasionale kleure en 28 leerders verwerf provinsiale kleure.